Nuwe webwerf

Hallo al my intekenaars

Ek het met ‘n nuwe webwerf begin waar ek voortaan my artikels gaan plaas.

Die webwerf se naam is Jaco se Bybelkoerant.

Daar is ook ‘n intekenvorm op die webwerf, sodat jy in die vervolg my plasings per epos kan kry.

Seënwense!

Jaco

Advertisements

Jesus se begrafnis

Terwyl ek en Josef op ’n oudiënsie met Pilatus wag, kry ek uiteindelik die ingewing wat ek dadelik sou gehad het as ek nie so op myself ingestel was nie, en sê vir Josef: “Ek sal vir ons ’n bietjie speserye gaan kry vir die begrafnis. Ek dink nie Maria-hulle sal hê nie.”
Ons het Maria-hulle by Golgota gelaat, redelik verpletter en nie in staat om tot enige definitiewe besluit te kom nie. Die skok van die afgelope agtien uur se gebeure was vir hulle te veel. Al wat hulle wou doen, was om by Jesus se liggaam te bly en daaroor te waak. Lees voort

Vrymoedigheid

Toe ek ’n student was, was ek ’n keer op ’n stranddiensspan in Struisbaai. Ons het ’n baie frustrerende begin gehad. Daar was nie sprake daarvan dat ons strand toe kon gaan nie. Die wind was dae lank stormsterk; só erg dat ons dit nie kon waag om die tent waarin ons gebly het, selfs vir ’n oomblik te los nie, want hy wou net opstyg. Die tentpenne het die hele tyd uit die grond geruk. Ons moes later ’n paar droppers by ’n boer in die omgewing gaan leen, net om die tent behoorlik geanker te kry.

Lees voort

Dis ’n rotte-ren!

“Dis ’n rotte-ren!” Dié gevleuelde uitspraak van oom GG in ’n sitkom van weleer bly my by. Seker omdat ons almal sukkel met ’n gejaagde lewe, en ons weet nie hoe om te ontsnap van die mallemeule nie. Alles moet gouer gedoen word. Mense verwag vinniger reaksie, om nie te sê oombliklike reaksie nie, op navrae of bestellings. As jy ’n Whatsapp of sms of epos gestuur het en jy kry nie binne minute ’n antwoord terug nie, raak jy geïrriteerd. En omdat jy ’n selfoon het, moet jy te alle tye beskikbaar wees, en móét jy die oproep beantwoord of die boodskap lees, al onderbreek dit ’n ete of ’n gesprek.

Lees voort

Ps 23 – Goeie Herdersondag

’n Mens kan hierdie woorde van Dawid in vs 1: “ek kom niks kort nie” op meer as een manier verstaan. Dit kan wees dat hy met hierdie woorde bedoel dat God in oorvloedige luuksheid vir hom gee en voorsien, sodat hy alles het wat sy hart maar net begeer. En as ’n mens na hierdie psalm kyk, lyk dit nogal of dit dit is wat Dawid hier bedoel. Hy praat hier immers van die groen weivelde waarin die Here hom laat rus, van die vredevolle waters waarheen die Here hom neem, van die nuwe krag wat die Here hom gee, en die regte paaie waarop die Here hom lei. En of dit nie genoeg is nie, sing hy ook nog van die feesmaal waarby die Here hom laat aansit, dat hy ontvang word soos ’n eregas en oorlaai word met hartlikheid. Hy sing hier van die Here se goedheid en sy liefde wat altyd daar is.

Lees voort

Die Bybel het geen mededinger nie

Ek en Elmien was onlangs by ’n leraarsontbyt van die Gideons se Bergriviertak. Dis ’n klomp gawe mense, dié Gideons. Hulle het ons gasvry ontvang, en ons het heerlik geëet. Maar voor die ete moes ons natuurlik eers na ’n bekendstelling van die Gideons luister. Die spreker het die Bybel opgehou en gesê hy is jaloers op ons, predikante, want ons het die ware Jakob. Daar is, anders as in die sakewêreld, niks wat die Bybel in die kerk kan vervang nie. In sy bedryf, sê hy, is daar altyd ander stelsels, of nuwe produkte, en jy moet die hele tyd teen dié kompetisie werk. Maar niks kan die Bybel vervang nie. Lees voort

Joh 21:15-19 God is ’n God van nuwe kanse

Om goed te verstaan wat hier gebeur, moet ons ’n tydjie teruggaan, na waar Jesus vir sy dissipels gewaarsku het dat Hy gevange geneem gaan word, en dat hulle almal Hom in die steek gaan laat. Toe het Petrus gesê: Al sal almal Hom verlaat, hy wat Petrus is, sal nie; hy is selfs bereid om saam met Jesus te sterwe (Mark 14:26-31). Maar julle weet wat gebeur het. Tydens die verhoor, die aand in die binnehof van die hoëpriester se paleis, het Petrus drie maal ontken dat hy enige iets met Jesus te doen het, of Hom selfs ken. Hy het nie een keer nie, nie twee keer nie, hy het drie keer die Here verloën; drie maal het hy die Here in die steek gelaat op ’n tyd dat die Here sy lojaliteit en ondersteuning baie, baie nodig gehad het.

Lees voort